Afrikaans Services

 

 Afrikaans services are held  once a month at 6pm. Some regular attendees of the Afrikaans services are members of our church and some are members of other Adelaide churches.  Some drive long distances to fellowship and hear God’s Word in their mother tongue.  The meeting is normally on the last Sunday of the month, but this sometimes changes. Any out of the ordinary changes will be noted here. You could also opt to receive a reminder email before every Afrikaans service. To sign up, go to Contact Us and mail us your reminder request.

The next Afrikaans Service:  30 July

A day of Prayer for South Africa will also be held in Campbelltown.

Keep an eye on our events page for the latest details

 

Afrikaanse Kerk

Maak nie saak hoe goed mens se tweede taal is nie – moedertaal bly bly maar net op ‘n spesiale manier hartstaal.  Daarom hou ons een maal per maand kerk in Afrikaans. Ons gemeente is nie 'n Afrikaanse gemeente nie, maar het ‘n groot persentasie Afrikaanse lidmate.  Daar is van ons kleingroepe waar daar in Afrikaans gepraat en gebid word, terwyl ander Afrikaanse lidmate in gemengde kleingroepe inskakel  waar Aussie Engels die voertaal is.

Ons glo dat dit nie toevallig is dat ons hier saam is in Adelaide nie.  Ons glo dit is alles deel van God se groter plan.  Dit beteken ...

In die eerste plek - dat ons uitreik na mekaar en mekaar aanmoedig om die Here te dien te midde van ‘n kultuur waar ‘n keuse om God te dien regtig teen die hoofstroom ingaan.  Daar is Afrikaanse mense wie se geloof soos water in woestynsand verdwyn wanneer hulle in hierdie land begin leef.  Dit is vir ons die grootste voorreg as ons sulke mense kan help om na hulle Hemelse Vader toe terug te draai.

In die tweede plek beteken hierdie deelwees van 'n groter plan, dat ons met ons hart en siel ‘n verskil wil maak vir hierdie uitgestrekte land se mense.  Dit word soms beweer dat Australië die mees gesekulariseerde land in die wêreld is.  Daar is min plekke op hierdie aarbol waar dit meer nodig is dat deurleefde Christene werklik ‘n verskil sal maak. Daarom probeer ons baie sensitief wees teenoor ons Aussie lidmate en Aussie besoekers aan die gemeente.  Mag die Here ons klompie vreemdelinge en bywonders as sendelinge in hierdie land gebruik om van ons Aussie gaste en vriende by Hom uit te bring.

Daar is ‘n derde groot saak wat ons baie naby aan die hart lê: baie min immigrante na hierdie land se kinders en kleinkinders dien op die lang termyn die Here.  Baie Suid Afrikaners het spesifiek hierheen gekom ter wille van hulle kinders. Dit laat mens dink aan die woorde van Jesus (Matt 16:26):

Wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld wen, maar aan sy siel skade ly?

Ons kinders word Aussies – dis maar hoe dit werk.  Maar mag ons die genade kry om die aflostokkie van die Evangelie so aan te gee dat ons kinders  voluit vir God mag lewe tot hulle oud en grys is.  Mag hulle die kind-van-God-wees-stokkie suksesvol aangee vir hulle kinders en kindskinders.  Mag ons klomp die genade kry om mekaar te help, aan te spoor, vir mekaar te bid en wedersyds raad te gee, dat ons generasie nie die een sal wees wat wat die aflosstok op die Aussie-grond laat val nie!